Drinkwater vloei weg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daar is al menigmale verwys na die waterkrisis in Kimberley. Kosbare drinkwater wat die strate vol vloei. Droë krane wanneer Kimberliete hul dors wil stil. Wanneer gaan dit end kry? Wanneer gaan die waterpype herstel word? Wanneer gaan Kimberley se stem gehoor word?

Elsabe van Bosch, ’n inwoner van Kimberley, het op Facebook gesê: “Ek bel die munisipaliteit al vir twee dae lank in verband met ’n pyp wat op die hoek van Michau- en Nindstraat in Diamantpark gebars het. Na sowat die tiende keer wat ek skakel, kan ek duidelik hoor hoe die oproep beantwoord word, maar die foon weer dadelik doodgedruk word. Ek is daarna na waterwerke deurgeskakel. Hier het ek dieselfde probleem ervaar. Die oproep word beantwoord, maar word dan weer doodgedruk.”

Intussen vloei kosbare drinkwater die strate vol en Kimberliete se krane bly droog.

Verder lui Van Bosch se woorde: “Om die probleem te vermy, gaan dit nie laat weggaan nie. Inteendeel, die probleem gaan net erger word.”