NOORD-KAAP – ’n Man (30) is gister op die Kalahari-pad naby Askham vir petroldiefstal en die gebruik van ’n motor sonder die toestemming van die eienaar in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê na bewering het die Upington-polisie op ’n klag van diefstal van ’n motorvoertuig gereageer. “Die voertuig is onaby Askham gevind. Daar is ook ontdek die verdagte het petrol by ’n vulstasie op Upington ingegooi en weggejaag sonder om te betaal.”
Die verdagte sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.



