KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley is besig met ’n ondersoek na ’n man (35) vir dwelmhandel in hegtenis geneem is.
Volgens lt.-kol. Dimakatso Mooi het die polisie gereageer op inligting wat vir hulle gegee is en het die verdagte by die busterminus ingewag. Die polisie het dwelms ter waarde van R10 500 by die man gekonfiskeer.
Die verdagte kom vandag in Kimberley se landdroshof voor op aanklag van dwelmhandel. Die ondersoek duur voort.




