Man gearresteer vir besit van gesteelde hekmotor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Op 5 Februarie 2020 omstreeks 13:00 is ’n man in Phakamile Mabija-straat met ’n gesteelde hekmotor gesien.

Die 38-jarige man is deur die polisie in hegtenis geneem.

Die verdagte kon tydens die polisieondersoek geen bewys van besit van die hekmotor lewer nie en is daarom in hegtenis geneem.

Die waarde van die gesteelde hekmotor is as R8000 vasgestel.

Die verdagte sal binnekort in die Kimberley-streekhof voorkom. Die hofdatum is nog nie bekend nie.