KIMBERLEY – Chloe Ehlers, Alisha Stanfley en Vasco Theron het op Saterdag 8 Februarie 2020 aan die Griekwaland-Wes tweekamp kampioenskappe in Kimberley deelgeneem.
Chloe Ehlers het die eerste plek vir meisies o/15 behaal. Sy is ook bekroon met trofeë vir die beste hoërskool meisiesatleet en die beste algehele atleet met die meeste punte wat tydens die kampioenskappe behaal is.
Chloe is ook gekies vir die Griekwaland-Wes provinsiale span wat op 21 Maart 2020 aan die Suid-Afrikaanse tweekamp kampioenskappe op Oudtshoorn gaan deelneem.
Die punte wat deur die deelnemers behaal is, is as volg:
Chloe Ehlers = 2251 punte
Alisha Stanfley =1644 punte
Vasco Theron = 1737 punte
Hoërskool Noord-Kaap sê geluk aan die leerders en wens Chloe alle sterkte toe vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.




