KIMBERLEY – Twee mans is op 5 Februarie 2020 op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om koperkabels te steel.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die twee verdagtes is gister in hegtenis geneem. Die een verdagte is deur ’n sekuriteitswag van die nabygeleë skool betrap terwyl hy besig was om ’n koperkabel met ’n byl af te kap.”
“Die twee verdagtes word ook daarvan verdink dat hulle by talle ander kabeldiefstalvoorvalle betrokke was,” vertel Matsie.
Matsie bedank die publiek vir hul hulp om te help om die verdagtes vas te trek.
Die insident het op die hoek van Solomon- en Centralstraat plaasgevind.





