Dogtertjie (1) moontlik ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES, KLERKSDORP – ’n Eenjarige dogtertjie is na bewering moontlik op Saterdagaand 1 Februarie 2020 ontvoer.

Kapt. Kagiso Disipi, van gesinsgeweld, kinderbeskermingseenheid en seksuele oortredings in Klerksdorp sê: “Die ontvoering en inbraak het omstreeks 20:00 die aand in Jouberton plaasgevind. Die ma van die dogtertjie het skynbaar by haar kêrel gaan oorslaap. Toe sy wakker word, het sy ’n vreemde man in die huis gewaar. Die man het die dogtertjie by haar ma gegryp en weggehardloop.”

Die kêrel se selfoon is ook tydens die insident gesteel.

Enigiemand met inligting kan kapt. Kagiso Disipi by 082 856 1748 skakel.