’n Man (32) is op 4 Februarie in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting gehad wat die verdagte by die Cravenstraat Taxi Rank in Kimberley geplaas het. Die verdagte, klaarblyklik een van die taxibestuurders in Kimberley, het geld vir een van die haweloses by die taxi rank gegee inruil vir die gesteelde goedere.
Na verdere ondersoek het die polisie ’n gesteelde skootrekenaar ter waarde van R16 000 in die man se taxi gekry. Die verdagte sal binnekort in die landdroshof verskyn.



