Inwoners in Saulstraat, Hadison Park, is baie bekommerd oor oop kragdrade wat glo vanaf ‘n huis in Saulstraat lei na een van die lamppale in die straat voor die huis.
Die lamppaal is reg oorkant Laerskool Eureka en ‘n Inwoner het aan FiND-iT gesê hy is baie bekommerd dat kinders dalk aan die oop kragdrade kan vat. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor of die kragdrade onwettig herlei word.





