Daar is by die Sir Seretse Khama-internasionale lughawe vyf moontlike gevalle van die koronavirus aangemeld. Volgens Botswana se departement van gesondheid het al vyf persone op verskillende tye die land binnegekom.
Die pasiënte is almal onder kwarantyn geplaas en die uitslag van die laboratoriumtoetse word tans verwag. Die monsters word in Suid-Afrika getoets.
Geen bevestigde gevalle is nog in Suid-Afrika aangemeld nie.



