KIMBERLEY – Cannon White Scheepers (28), ’n afgetrede vragmotorbestuurder, van VDM Trucks, word al vir ses dae vermis.
Saterdag het hy vir sy seun kom kuier
Hy het Saterdag in Kimberley vir sy seun kom kuier en vroeg die Sondagoggend teruggekeer Johannesburg toe.
Oudste broer van Cannon
Godfrey Davids, oudste broer van Cannon, sê: “Ons ma het hom Sondagaand voor sewe gebel en daardie tyd het hy en my ma gepraat. Ons het hom weer probeer bel na 20 minute, maar ons kon nie weer deurkom nie.”
By garage in Johannesburg gesien
By ’n garage in Johannesburg moes Cannon opgelaai word, maar die persoon het hom nooit opgetel nie. Volgens sy broer sou hy die week sy laaste kennisgewingdae gewerk het.
Bekommerd oor Cannon
Die Scheepers-familie is bekommerd oor Cannon. Godfrey vra: “As enigiemand meer inligting het, kontak my asseblief dadelik by die volgende nommer: 0744996606.”



