12 jaar gevonnis vir kinderpornografie

Deel hierdie storie / Share this story

James Summers Prinsloo is Woensdag in die Durbanse landdroshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Prinsloo is volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, skuldig bevind aan die besit en vervaardiging van kinderpornografie. Dit nadat ‘n selfoon met kinderpornografie in April 2019 in ‘n taxi in Durban gevind is.

Die selfoon, wat ‘n wagwoord op gehad het, se geheuekaart is ontleed en die polisie kon die verdagte as Prinsloo identifiseer.

Hy is in November in hegtenis geneem en sy aansoek om borg is nie na sy verskyning in die hof goedgekeur nie.

Mbele het gesê: “Daar is menige pogings aangewend om die kinders in die beeldmateriaal op te spoor. Die kinders is geïdentifiseer en het erken dat die verdagte hulle seksueel aangerand het.”

Prinsoo is klaarblyklik vantevore ook al skuldig bevind aan seksuele misdrywe, verkragting en onsedelike aanranding.