Koronavirus: Amptelike wêreldwye noodtoestand

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, het na die WGO se noodkomitee Donderdag vergader het, ‘n internasionale noodtoestand verklaar.

“Ons grootste bekommernis op die oomblik is nie die situasie in China nie, maar die moontlikheid vir die virus om te versprei na lande wat nie die virus sal kan behandel nie.”

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het die koronavirus al na soveel as 18 lande versprei. Daar is nou al meer as 9 600 bevestigde gevalle en meer as 10 000 moontlike gevalle. Die virus het al 213 lewens geëis.