KIMBERLEY – ‘n Veldbrand het omstreeks 13:00 op 29 Januarie 2020 op die N12 na die Flamingo-casino uitgebreek.
FiND iT was op die toneel.
Die brand was teenaan die pad en het motoriste se sig belemmer. Die dik, swart rook het oor die pad gewaai en die verkeer het stadig beweeg.

In so ’n geval word motoriste aangeraai om hul hoofligte en noodligte aan te skakel en om spoed te verminder. Motoriste moet ook op hul hoede wees.
Moenie probeer om deur die rook te ry en sodoende ongelukke veroorsaak wanneer sig op die pad heeltemal deur rook belemmer word.
Bly binne-in die voertuig en moenie uitklim om na die brand te kyk nie.
Die oorsaak van die brand op die N12 is nie bekend nie.



