Moontlike beurtkrag vanaand

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Eskom het in ‘n verklaring gesê die kragvoorsiener maak tans gebruik van dieselkragopwekkers en die kragstelsel verkeer onder baie druk.
Die kragvoorsiener vra gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
Gebruik krag spaarsamig by die huis en by die werk:
• Gebruik die koue kraan eerder as die warm kraan
• Maak die ketel vol met die regte hoeveelheid water, eerder as te veel
• Stel lugversorgers op die gemiddelde 23°C
• Sit rekenaars ens. af as jy dit nie gebruik nie