Pretoria –’n Ernstige motorongeluk het op die hoek van Garsfontein- en Corobaystrate plaasgevind.
Twee motors op toneel gevind
Volgends Nevea Maritz van Life Surport 24/7 het hulle twee motors op die toneel gevind wat betrokke was in ’n ongeluk. Twee motors, ’n BMW en ’n dubbelkajuit-Ranger, was betrokke. Nevea Maritz, sê: “Die bestuurder van die BMW was in ’n kritieke toestand.”
Life Surport 24/7 en Netcare
Life Surport 24/7 en Netcare het saamgewerk om hierdie pasiënt te help. “ ’n Netcare-helikopter is gestuur om die pasiënt na die hospitaal in Milpark te neem,” sê Maritz.
Ranger-Bakkie
Die bestuurder van die Ranger-bakkie het ligte beserings opgedoen. In hierdie stadium is die oorsaak van die ongeluk onbekend. Lede van die Brooklyn-polisiestasie was op die toneel besig met die ondersoek.



