Man (30) met 11,76 kg dagga gevang

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Die polisie op Upington, saam met die polisie van Rosedale en Paballelo het Dinsdag 28 Januarie 2020 11.76 kg se dagga gekonfiskeer.

Lede onder bevel van kapt. Berta Gilbert het inligting gekry ten opsigte van dwelms wat vermoedelik by ’n huis in Rosedale afgelaai is en het toe ondersoek gaan instel.

Die polisie het die vakuum-verpakte dagga in bokse in die huis gekry. Die verdagte (30) het van die toneel gevlug, maar is later by ‘n ander huis in Rosedale gevind. Hy verskyn binnekort in die landdroshof.