FiND iT se slaggat-span het vandag gate in Bebingtonstraat gestop. Meer as 50 weldoeners het in minder as sewe dae ongeveer R200 000 ingesamel om die paaie van Kimberley weer rybaar te maak. Laat elke slaggat weet sy dae is getel, laat elke inwoner weet ons beter dae op Kimberley se paaie is op pad en laat elke besigheid of individu wat help om ’n verskil te maak, besef wanneer FiND iT iets aanpak, maak ons dit klaar.


