Jy het net 4 bestanddele nodig vir hierdie heerlike mikrogolf-kaaskoek;
- 1 pakkie tennisbeskuitjies
- 1 blikkie kondensmelk
- 2 eetlepels gesmelte botter
- 1 liter jogurt
Maak die tennisbeskuitjies fyn. Meng dan die beskuitjiekrummels en botter en sprei dit uit onder in ’n bak. Meng die kondensmelk en jogurt saam en sit dit vir 2 minute in die mikrogolf. Haal die mengsel uit, roer vinnig en sit vir nog 2 minute in die mikrogolf. Gooi dit dan bo-oor die tennisbeskuitjies en laat afkoel.
Jy kan enige geur jogurt gebruik, wat die moontlikheid van verskeidenheid bied.



