Slaggat se gat!

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Laat elke slaggat weet sy dae is getel, laat elke inwoner weet ons beter dae op Kimberley se paaie is op pad en laat elke besigheid of individu wat help om ’n verskil te maak besef wanneer FiND iT iets aanpak, maak ons dit klaar. 

Span begin vandag

Vandag is die begin waar die FiND iT slaggat-span se take begin.  Vroegoggend was Bebingtonstraat se inwoners bederf met die wete dat hulle pad binnekort weer rybaar sal wees.

Meer as R200 000 al ingesamel

Meer as 50 weldoeners het in minder as sewe dae ongeveer R200 000 ingesamel om die paaie weer rybaar te maak. Hierdie is ’n baie goeie aanduiding van hoe bereidwillig elke sakeman in die dorp is om ’n positiewe bydrae te lewer.   

Raak betrokke

FiND iT wil die gemeenskap aanspoor om by die projek betrokke te raak. Indien elkeen ’n bydrae lewer is ons oortuig dat die paaie binnekort weer rybaar kan wees. Ons doelwit is om voor Julie, 2020,  6000 gate te stop. “Hierdie is ’n duur proses, maar wanneer ons almal saamwerk is ons soveel sterker,” sê  Rudi Ferreira, projekleier van die “Slaggat se gat”-veldtog. 

FiND iT sal julle deurentyd op hoogte hou van hoe die projek vorder. So wees vriendelik met die gat in jou pad wat al deel van jou daaglikse bestaan geword het – sy dae is dalk getel.

As jy verby die span ry, stop vir ‘n vinnige “dankie” of gee ‘n koeldrank. Die span het FiND iT-pette en hemde aan met die slagspreuk #slaggatsegat.

Vir navrae kan jy met Rudi Ferreira skakel by 071 686 7200.

Foto: Een van die werkers wat vandag begin het om Kimberley se paaie te herstel as deel van FiND iT se Slaggat se gat-veldtog.
Foto: Dié werker het reeds sy FiND iT Slaggat se Gat-hoedjie op.
Foto: Slaggat se gat het vandag begin in Bebingtonstraat. Kyk uit vir die manne wat die paaie regmaak.