KIMBERLEY – Op 27 Januarie 2020 het geen vullisverwydering in Kimberley plaasgevind nie en inwoners moes self sien kom klaar.
Michael van Niekerk (47), ’n inwoner van Kimberley, het besluit om self sy vullis na die asgate weg te ry.
Van Niekerk is deur ’n werker by die ingang na die asgate voorgekeer.
Van Niekerk sê: “Die werker het my voertuig se registrasienommer neergeskryf. Hy het my toe ’n ingangsfooi van R20 gevra sodat ek my eie vullis by die asgate kan gaan weggooi.”
Verder vertel van Niekerk aan FiND iT: “Ek is ’n belastingbetaler. Elke Maandag word my vullis weggery, maar ek moes dit hierdie keer self doen weens die staking. Nou word daar van my verwag om nog ’n verdere R20 te betaal om toegang tot die asgate te kry.”



