Kim Trailers maak nuwe tak oop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Kim Trailers het onlangs hulle besigheid uitgebrei en ’n nuwe tak in Cartersweg 2, Rhodesdene, oopgemaak.

Kim Trailers beskik oor ’n goot verskeidenheid trailers. Hulle wil hulself as ’n familiebesigheid vestig en het op die versoek van hul kliënte besluit om nog ’n tak oop te maak.

Goeie nuus

By die nuwe tak verhuur hulle nie net trailers nie, maar verkoop ook nuwe en gebruikte trailers, asook onderdele en die diens van trailers en karavane.

Met hulle leuse vir 2020 van Business is a relationship and not only a transaction kan jy niks anders as goeie diens verwag nie!

Lojaliteitsprogram

Hull het ’n lojaliteitsprogram vir gereelde kliënte. As jy nege keer ’n trailer by hulle huur, kry jy die tiende verhuring gratis.

Gaan Like hulle Facebook-bladsy by Kim Trailer Rentals of gaan kyk na hulle webtuiste by  www.kimtrailerrentals.co.za