Nasionale dag van pret by die werk

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA –  Vandag het jy vrye teuels om jou dag by die werk gate uit te geniet.

28 Januarie 2020 is die een dag waarop jy mag en waarop jy moet pret hê by die werk.  

Op hierdie dag kan jy aan jou verbeelding die oorhand gee. Wees kreatief en maak werk vir jouself lekker.

Dit is immers die plek waar jy die meeste tyd gedurende die dag deurbring. Jy kan hierdie dag jou eie maak. Teken ’n glimlag-gesiggie in jou dagboek. Gooi ’n ekstra teelepel suiker in jou koffie. Vertel vir iemand ’n grappie.

Maak net seker dat jy pret het met wat ook al jy vandag by die werk doen!