Boer bly na polisie gesteelde vee terugkry

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN – ’n Veeboer van die Severn-gebied naby Kuruman was uiters verlig nadat die polisie 15 van sy gesteelde bokke teruggevind het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê twee manlike verdagtes, 28 en 33, is gister in die Maruping-nedersetting naby Kuruman vir diefstal van die vee in hegtenis geneem.

Dit arrestasie volg na die polisie ’n wenk ontvang het. Net 14 van die 15 bokke is gekry.

Tawana sê die veeboer was baie gelukkig toe hy die goeie nuus ontvang het.

Maj.-genl. Johan Bean het die polisiebeamptes bedank en sê: “Ons kan enige misdaad oorwin wanneer die gemeenskap die polisie help om misdrywe in die gemeenskap uit te dryf.”