KIMBERLEY – Die eienaar van die winkeltjie op die hoek van Green- en Silsonstraat is vanoggend 27 Januarie 2020 omstreeks 03:45 deur twee verdagte mans aangeval.
Die inbrekers het die heining na sy winkel in Riviera oopgebreek en die hek en deur agter sy winkel oop forseer. Hy was in die winkel toe hulle ingebreek het.
Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes met balaklawas die winkeleienaar met ’n vuurwapen gedreig en toe met ’n onbekende som geld gevlug.
Die eienaar, wat uit vrees vir viktimisasie nie sy naam genoem wil hê nie, het gelukkig nie ernstig seergekry nie.
Gamieldien het bevestig die polisie is besig om die saak te ondersoek. As enigiemand inligting het in verband met die twee verdagtes, skakel 053 838 4249 of gaan anoniem op die toep MySAPS.



