Seun (13) verdwyn op pad kerk toe

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Die Upington-polisie vra die gemeenskap se samewerking in hul soektog na die dertien-jarige Ethan Hokwana-Kleintjie. Ethan is Sondag 26 Januarie 2020 laas gesien toe hy op pad was na die Bethel-kerk op Upington. Hy het nooit na kerk na sy huis in Dakotaweg teruggekeer nie.

Ethan het ’n swart denim, grys T-hemp en ’n bruin mussie aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar Ethan is of waarheen hy sou gaan, skakel asseblief dringend a.o. Lizelle Nte by 076 020 0266 of 054 338 3600.