BEACONSFIELD – ’n Rondloper Yorkie-reun het gisteroggend by ’n huis in Peakmanstraat in Beaconsfield opgedaag.
Susan Potgieter het ’n foto van die hond op ’n WhatsApp- gemeenskap groep geplaas en gevra of enige van die lede weet aan wie hy behoort.
Sy het intussen haar buurvrou oorkant gevra om die hond aan te hou aangesien sy twee groot honde het wat hom kan byt.
Indien enigiemand weet wie die eienaar is, kontak vir Michael by FiND iT op [email protected] of by 061 522 6406.






