KIMBERLEY – Die Karen Muir-swembad is steeds die prentjie wat almal van hulle kinderdae onthou.
Sondag-uitstappie
Inwoners van Kimberley onthou die swembad as ’n Sondag-uitstappie om saam met familie en vriende te gaan swem. FiND iT het gaan ondersoek instel of die herinneringe steeds voortleef.
Baie goeie toestand
Die stad se swembad is steeds in ’n baie goeie toestand. Die water is silwerskoon en die gras is heldergroen. Die werkers is baie vriendelik. Die skoonmakers streef om goeie diens aan elke nuwe gesiggie te lewer wat die swembad besoek. Hierdie uitstappie wat vir baie inwoners ’n tradisie was, het uitgesterf deur mense wat gedink het dit het agteruitgegaan, maar dit het beslis nie.
Gereelde besoekers
Gereelde besoekers kom nog elke naweek en geniet die water saam met hulle vriende en families. Slegs die duikswembad is toegemaak en onveilig verklaar. Die swembad is wel toe vir die publiek tydens galas.



