Motorfietsryer beseer in ongeluk voor vulstasie in middestad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Voertuig en ’n motorfiets was omstreeks 16:15 in Phakamile Mabijastraat voor die Caltex-vulstasie in ’n ongeluk betrokke.

David Pierce, ’n motorwag in die gebied, sê hy het die ongeluk sien gebeur. Volgens hom was die motorfietsryer bewusteloos na die ongeluk gelaat.

Danny April, ’n vriend van Pierce, sê hy het nie die ongeluk gesien gebeur, maar het onmiddellik ondersoek ingestel nadat hy die slag gehoor het.

Nooddienste het die motorfietsryer na ’n hospitaal geneem.

Lede van die Diamond Knights-motorfietsklub het vir bystand op die toneel bymekaar gekom.