KIMBERLEY – Weet jy wat is vanjaar se Boom van die Jaar? Elke jaar sedert 2000 word twee bome van die jaar deur die Departement van Waterwerke en Bosbou gekies – ’n algemene boomsoort en ’n skaars boomsoort.
Vanjaar se Bome van die Jaar
Vanjaar se Bome van die Jaar is die essenhout, ook bekend as die Ekebergia capensis endie skaars Boom van die Jaar is die kremetart, ook bekend as die Adansonia digitata.
Doel van hierdie Boom
Die hele doel van hierdie Boom van die Jaar is om die publiek bekend te stel aan die verskillende bome in die land. Die essenhout groei aan die Suid-Afrikaanse kus en bergwoude vanaf Knysna tot by Limpopo.
Bestaan uit
Hierdie bome word groot en die blare is ook baie groot. Elke blaar bestaan uit drie tot vyf aparte blaartjies. Die essenhout dra ’n vrug wat ongeveer 1.5 cm in deursee is .Elke vrug dra tot en met vier sade.



