Die meisie wat op 16 Januarie in Colville verdwyn het, is gevind en veilig by die huis.
Haar buurvrou, Zelna Diergaardt (36), sê hulle het haar Maandagaand om 21:00 in Kimberley gevind. Die meisie was klaarblyklik saam met vriende van haar.
Die meisie het gelukkig nie seergekry of iets oorgekom nie en haar ma is verlig.
“Baie dankie aan almal wat help soek het. Ons is baie dankbaar vir almal se gebede.”



