Bestanddele vir beslag
- 3 k meel
- ¼ t sout
- 4 t bakpoeier
- 1½ koppies melk
- 2 eiers
- 2 t vanieljegeursel
- ½ k botter, gesmelt
Bolaag
- 1 k botter, gesmelt
- 1 k bruinsuiker
- 2 t meel
- 1 t kaneel
Versiersel
- 85 gram roomkaas
- ¼ k sagte botter
- 1½ k strooisuiker
- ’n paar t melk
Metode
- Verhit die oond tot 180 grade C. Smeer ’n groot glasbak met botter of gebruik kleefvrye kossproei en sit eenkant.
- Meng die meel, sout, suiker, bakpoeier, melk, eiers en vanieljegeursel. Sodra dit goed gemeng is, voeg gesmelte botter by. Gooi die mensel in die gesmeerde bak.
- Vir die bolaag – meng die botter, bruinsuiker, meel en kaneel goed saam. Gooi dit egalig oor die baksel en gebruik ’n mes om deur die baksel te krul of marmer.
- Bak teen 180 grade C vir 35-40 min.
- Versiersel – klop die eerste drie bestanddele bymekaar tot lig en romerig. Voeg teelepels melk by tot smeerbaar.



