Demi-Leigh Nel Peters, of deesdae mev. Tenow, het die liefde van haar lewe ontmoet. Hulle sprokiesverhaal het vermoedelik in 2017 begin nadat sy as Mej. Heelal in New York gaan woon het. Op 10 Januarie 2019 het die voormalige Amerikaanse voetbalspeler, Tim Tebow, op een knie gestaan en die groot vraag gevra. En sy het ja gesê!
Beter saam as sonder mekaar
Die paartjie was baie geheimsinnig oor wanneer die groot dag gaan wees. Met die beplanning van die troue het Tim op Instagram ’n foto gelaai waar hy gesê het dat hy een ding geleer het in die proses. “Ek en Demi is beter saam as wat ons ooit sonder mekaar was.” Hy het die beplanning van die troue in Demi se hande oorgelaat. Hy voeg by dat al wat hy meestal gesê het, was: “Ja, Babe.”
Die groot dag
Hulle troudag (20 Januarie 2020) was ’n besonderse spesiale dag in die paartjie se lewe. Hulle het tydens ‘n intieme sonsondergangseremonie op die La Paris-landgoed in Kaapstad getrou. Die paartjie het familie en vriende na die bruid se geboorteland gebring vir ‘n naweek van feesvieringe. Om en by 260 gaste het hierdie praggeleentheid bygewoon. Mense het ook berig Tebow en Nel-Peters het wit, goud, groen en swart dekor verkies, en gaste het Amerikaanse sowel as Suid-Afrikaanse geregte geniet.




