Water borrel uit in Midlandsstraat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. –  Inwoners van Midlands se plotte vertel aan FiND iT hoe hulle nou al ongeduldig raak met die herstel van ’n gat voor hulle indraaihek.

Bekommerd

“Ek is bekommerd oor my trokke en motors wat daar in moet ry,” vertel een van die inwoners hier, wat nie sy naam genoem wil hê nie uit vrees vir viktimisasie.

“Desember het dit al begin borrel en nou is dit ’n groter gat en kan nou voertuie beskadig en onveilig wees vir inwoners. Ons het al by die munisipaliteit gekla, maar niks gebeur nie.”

Navrae gedoen

FiND iT het navrae aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerig, maar nog nie terugvoer ontvang nie.