KIMBERLEY. – Die jaar het baie positief afgeskop vir sekere mammas wie se babas 1 Januarie gekies het om in die lewe te kom. Twee Kimberley-mammas vertel van hulle wonderwerkies.
Nie beplande tyd nie
Robin Coetzee, ’n leser, sê dit was nie haar baba se beplande tyd nie. “Ek en my verloofde is dankbaar vir die vroeë geskenkie wat ons gekry het.” Klein Maya Coetzee is op 1 Januarie 09:45 gebore. Sy het 3.69 kg geweeg. Sy is deur ’n noodkeiser gebore, maar is ’n gesonde baba.

Oud-inwoner van Kimberley
Bronwyn Marais, oud-inwoner van Kimberley, vertel hoe opgewonde sy en haar man oor die geboorte van hulle seuntjie was. Dhian Marais is op 1 Januarie 09:20 gebore. “Die mamma-pad is nie iets wat mens kan beplan nie, elke dag leer jy iets nuuts,” sê Bronwyn. Sy sal die kosbare oomblikke saam met haar seuntjie vir niks verruil nie.

Mammas se raad
Albei die mammas is dit eens as jy dink daaraan om met ’n familie te begin, maak seker jy is gereed vir min slaap en nuwe uitdagings.


