VICTORIA-WES – Polisie op Victoria Wes het ’n vrou (47) in hegtenis geneem en dwelms ter waarde van R67 400.00 gekonfiskeer.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê: “Die voorval het op 21 Januarie 2020 plaasgevind toe die polisie inligting oor dwelmhandel opgevolg het. Die polisie het op 473 klein pakkies dagga, 52 gram Tik, 500 Mandrax-tablette en ’n onbekende bedrag kontant beslag gelê.”
Die verdagte sal binnekort in die Victoria-Wes landdroshof verskyn.






