Gluten word ‘n stille moordenaar genoem omdat dit chroniese skade deur die hele liggaam kan veroorsaak. Soms is die glutenlyer nie eens bewus van die gevolge van gluten nie.
Kyk mooi wat jy eet
“Dit is belangrik om na die voedingswaarde te kyk wanneer jy kosprodukte koop,” sê Minke Helena, dieetkunde-student. Die groot ding van glutenintoleransie is dat jy glutenprodukte, soos pasta, brood, crackers, hawermout en beskuit, moet vermy. “Mense wat aan glutenintoleransie ly, sal ook nie voedsel wat meel bevat kan eet nie, maar mens kry baie gluten- en koringvrye produkte soos beskuit en muffins wat ’n veiliger opsie is.
Hier is ’n paar tekens dat jy sensitief is vir gluten.
Vel en nael probleme
Haarkeratose en herpetiformis dermatitis is twee veltoestande wat direk verband hou met glutenintoleransie. Simptome sluit in ’n uitslag wat jeuk en kan voorkom op jou hande, gesig, boude, elmboë en haarlyn. Nog ‘n simptoom is verswakte en bros naels.
ADHD
Hierdie kan voorkom by kinders en volwassenes. ‘n Glutenvrye dieet kan die simptome van ADHD verminder.
Swak toestand van tande
In die geval van glutenintoleransie word die opname van die nodige elemente en minerale in die ingewande beïnvloed. Die resultaat kan probleme met die tande en mondholte wees, wat insluit: hipersensitiwiteit van emalje, tandbederf en gaatjies in die tande.
Onverklaarbare gewigsveranderings
Glutenintoleransie kan lei tot gewigsverlies en gewigstoename sonder enige ooglopende rede. Dit gebeur as gevolg van inflammatoriese prosesse op sellulêre vlak en metaboliese afwykings.



