SUID-AFRIKA. – Op 22 Januarie 2020 word die Nasionale Dag van Lewe gevier!
Hierdie dag was oorspronklik om die lewe van kinders te vier, maar is vanaf onlangs van toepassing op mense van alle ouderdomme. Dit skep die geleentheid vir almal om vir een dag in die jaar hul lewe te vier.
Die wonderlikste ding van hierdie dag is dat dit alles oor jou gaan! Klop jouself op die skouer vir goeie werk. Bederf jouself met ietsie lekker, net omdat jy kan! Vier jou lewe soos net jy kan.
Op hierdie dag waardeer ’n mens die mooi dinge van die lewe en word ook herinner daaraan dat daar baie is om voor dankbaar te wees.
Lewe voluit!



