Vrou al drie dae sonder krag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Christa de Smidt sit al drie dae sonder krag. De Smidt woon op ’n perseel net buite Kimberley op die N12 na Kaapstad.

Klagte van inwoner

“Ek sit al drie dae sonder krag. My krag het Maandag omstreek 12:30 afgegaan. Dit is glo ’n kragpaal wat gesteel is. Ek het al vir Sol Plaatje gebel, maar hulle wag vir ’n kontrakteur.”

Terugvoer van Sello

Sello Matsie, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die munisipaliteit is bewus van die probleem. “Ons werk volgens ’n skedule en sal aandag daaraan gee.”