Gras groen na veldbrand verwoesting saai

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die veld langs die N12 na Kaapstad is weer heldergroen nadat dit drie maande gelede deur ’n veldbrand verwoes was.

Thinus Pretorius, woordvoerder van die Kimberley-brandweer, sê brande is in die laaste tyd verhoed danksy die goeie reën wat ons ontvang het.

Geen waarskuwing word deur die Suid-Afrikaanse weerdiens tans vir Kimberley en die omliggende gebied aangedui nie. Lees ons vorige berig, Veldbrand op N12 naby FiND iT-kantoor.