Inwoner bekommerd oor oop gat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Gebarste pyp is verlede naweek in Yatesstraat in Monument Hoogte reggemaak.


Nico Benson (59), inwoner, sê die gat wat gegrou is om die pyp reg te maak is net so gelos. Benson is bekommerd oor watter gevare die ontblote kabels vir die inwoners wat daar rondloop, inhou. “Ek gooi maar elke dag so ’n paar grawe grond en jaag die kinders wat daar peuter.”

FiND iT het ‘n navraag aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerig en wag vir terugvoer.