KIMBERLEY – ’n Padteken in Memorialstraat naby Kimberley Junior wat waarsku om op die uitkyk te wees vir kinders naby dié skool, lê op die grond.
Steve Lunderstedt, ’n bekommerde inwoner van Kimberley, het foto’s van die padteken wat op die grond lê, op ’n Facebook-groep gedeel. Hy sê ons kinders se lewens is belangrik.
Joanne Christie Heyns sê op die plasing Kimberley is ’n skande. “Daar is baie padtekens in die stad wat omgestamp is,” sê sy.
Ann Holdron Doherty sê die stad is in ’n onaanvaarbare vuil toestand en niks word reggemaak nie. “Ek het vier weke op Port Alfred spandeer en die klein dorpie is skoon en meeste van die paaie daar is in ‘n goeie toestand,” sê sy.
FiND iT het navraag gedoen by die Sol Plaatje-munisipaliteit, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.




