Ontwrigting by poskantoor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Inwoners is ontstoke oor die “swak” toestand van die poskantoor in die stad.

Foto’s van dié gebou is deur lesers aan FiND iT gestuur.

Instandhouding begin vandag

Johan Kruger, woordvoerder vir die poskantoor, sê instandhouding begin vandag by die gebou. “Daar was ‘n tekort aan skoonmakers en dit is onder my aandag gebring. Die gebou het ook onder vandale deurgeloop.” Kruger sê hulle monitor die situasie en sal ook meer vullisdromme aanbring. “Tralies is al jare tetug opgesit om hawelose mense van die perseel af te hou.

Beroep op gemeenskap

Kruger het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om deur Twitter enige navrae aan die poskantoor te rig. Dié diens word 24 uur gemonitor.