KATHU – Drie verdagtes tussen 27 en 43 is in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik koperkabels gesteel het. Sers. Ben Eiman en konst. Jantjies het op Sondag 19 Januarie 2020 omstreeks 09:40 die drie verdagtes in hegtenis geneem.
Die mans is in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik koperkabels ter waarde van R30 000 gesteel het. Van die kabels is al verbrand. Die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof op Kathu verskyn.




