Sers. Dikeledi Masiya, konst. Samuel van der Linde, konst. Portia Mpolokeng en konst Marcelle Botes het vanoggend 20 Januarie 2020 vier verdagtes in ‘n huis in Colville gearresteer op aanklag van motorkaping.
Verdagtes met voertuig gevind
Na bewering het die aanklaer (54) ‘n vrou in Barklyweg gaan aflaai. Twee mans het die motor genader en die bestuurder met ’n mes gedreig. Hulle het die man uit sy motor gedwing en daarmee weggejaag. Die vier verdagtes is by die huis in Colville gevind waar die gesteelde voertuig opgemerk is.
Die verdagtes sal binnekort op aanklag van motorkaping in Kimberley se landdroshof verskyn .



