DANIELSKUIL – Ogone Reginald Smith is agt jaar tronkstraf vir motordiefstal hier in die streekhof toegedien.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê ’n Mazda Rustler wat aan ’n snoepwinkel-eienaar behoort, is op 19 Desember as gesteel aangemeld.
Die polisie het inligting ontvang en het dit onmiddellik opgevolg. Die gesteelde voertuig is op 20 Desember op ’n erf buite Danielskuil gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Mooi sê die saak is sorgvuldig deur die Upington motordiefstal-eenheid ondersoek wat tot suksesvolle vervolging gelei het.
Die verdagte is agt jaar tronkstraf sonder ’n opsie vir ’n boete opgelê. Die beskuldigde is ook onbekwaam verklaar om ’n vuurwapen te besit, sluit Mooi af.



