Die Voortrekkers: ’n plek waar jeuglede kultuur, in die natuur, deur avontuur geniet

Deel hierdie storie / Share this story

Die Voortrekkers is ’n Afrikaanse kultuurbeweging wat die Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees.

Hierdie beweging bestaan al vir meer as 80 jaar in Suid-Afrika en Namibië.

ABC beginsel

Die Voortrekkers leef volgens ‘n ABC beginsel: Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap. Daar word vir elke verskillende vaardigheid wat aangeleer word, ‘n kenteken voorsien, wat dan op ’n onderbaadjie vasgewerk word. Vaardighede soos onder andere hengel, staptoere, rotsklim, noodhulp, veldkook, boogskiet en vele meer.

Van so jonk as ses jaar

Kinders van so jonk as ses jaar is deel van hierdie organisasie en ondergaan van jongs af leierskapontwikkeling, vaardigheidsontwikkeling en ’n moderne Afrikaanse kulturele ervaring. Lede wat in Graad 11 nog deel is van die Voortrekkers, het die geleentheid om ’n nasionale leierskaptoekenning te ontvang, wat bekend staan as die Presidentsverkenner-toekenning.

Die Voortrekkers neem jaarliks deel aan verskillende projekte om nasionale monumente te onderhou of fondse in te samel vir instansies soos die DBV. Hulle hou ook gereeld fondsinsamelings vir verskeie projekte van hul eie.

Vanjaar se opening word Dinsdag, 21 Januarie, in die vorm van ’n skattejag om 17:15 by Laerskool Eureka gehou.