Wat is die plek met die mees unieke naam waarvan jy al tehore gekom het? Vertel ons deur jou kommentaar hieronder te plaas!
Hier volg ‘n paar name van plekke in Suid-Afrika met die vreemdste name.
- Los-my-cherrie
Wat dink jy het gebeur toe die dorpie in Tjakastad, Mpumalanga, hierdie interessante naam gekry het?
- Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein
Hierdie is ‘n plaas in die noord-westelike provinsie geleë, wes van Pretoria. Dis veilig om aan te neem dat daar baie jare terug twee buffels met een skoot morsdood geskiet was.
- Tietiesbaai
Hmmm… Het Adrianus die dames gevra wat hul name is? Indien nie, is hierdie dorpie in Paternoster, Wes-Kaap
- Hotazel
Die naam is verseker uitgedink met ‘n dubbelsinnige bedoeling! “Hot as hell” pas verseker goed by die myndorpie in die warm Noord-Kaap.
- Klein mier nommer een
Die “klein” dorpie het minder as 450 inwoners. Het Groot mier nommer een dan meer as 450 inwoners?
- Put sonder water
Het die waterpype dalk daar ook gebars?
- Die hel, Swartberg
Alhoewel hierdie plek nie klink na een van die mooistes in ons land nie, is dit verseker vol van die beste besigtinge wat die natuur het om te bied.
- Breekbeenkolk, Sakrivierstasie, Rondekop
Die drie dorpies lê in die Karoo.
- Reivilo
Het ‘n trotse Olivier miskien besluit om sy van agterstevoor-om te draai toe hy ‘n naam vir die plekkie moes uitdink?



