Veilings al ‘n geruime tyd afgestel

Dit is al ‘n tyd gelede bekend gemaak dat alle veilings afgestel is. Die rede hiervoor is dat bek-en-klouseer by ‘n veiling op Wegkraal, naby Polokwane, voorgekom het is. Veilings dwarsoor die land is vanaf Desember afgestel.

Hoofrede

Toe bek-en-klouseer by die veiling op Wegkraal, naby Polokwane, opgetel is is talle diere na 70 nuwe omgewings vervoer en die groot vraag was of die siekte versprei het. Verder is daar in Limpopo en in die Pietersburg-omgewing ook diere geïdentifiseer met bek-en-klouseer. Koos van der Ryst, die voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) noem aan FiND iT dat daar onmiddellik voorkomingsmaatreëls ingestel is by veilings en skoue om verdere verspreiding te bekamp.

Wanneer hervat die veilings weer?

Volgens Van der Ryst  is daar nog nie bekend gemaak of dit al veilig is om weer veilings te hou nie. Diere wat in kontak was met die siekte word oor die volgende twee weke getoets. Wanneer diere negatief toets vir bek-en-klouseer, moet die Departement van Landbou toestemming gee vir die veilings om weer te begin.

Uitwerking op ekonomie en bedryf

“Die uitwerking is geweldig en dit beïnvloed die ekonomie negatief,” sê Van der Ryst. “Ons praat nie van miljoene rande nie, maar miljarde.” Die hele boerbedryf se kontantvloei het tot ’n algehele stilstand gekom. Dit is amper onmoontlik vir besigehde rakende die boerbedryf om werknemers se salarisse te betaal. Werknemers en veilingsmaatskappye kan geen kommisie ontvang nie en dit het ‘n geweldige negatiewe uitwerking op talle huisgesinne.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: