Twee moordverdagtes in hegtenis

NOORD-KAAP – Twee verdagtes is op Paballelo vir moord in hegtenis geneem en sal vandag in die landdroshof op Upington verskyn.

Die twee is na bewering deel van ’n groep van drie mans wat op Donderdag 12 Desember 2019 ’n vreemdeling van Lesotho in Paballelo vermoor het. Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Oorgegee

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het hulself Maandag 13 Januarie 2020 aan die polisie oorgegee en is in hegtenis geneem.” Hulle sal waarskynlik in aanhouding bly. Die staat sal borgtog teenstaan ​​omdat hulle ’n vlugrisiko is.” Die ondersoek duur steeds voort om die ander verdagte op te spoor.

Lede van die gemeenskap wat inligting het wat tot die in hegtenisneming van die derde verdagte kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Keyser, by 082 469 5824 t of Crime Stop-nommer by 08600 10111 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: